Bergfiets

Florries se bergfietsspan is beslis nie bang vir modder, spoed of om te val nie.  Bergfietswedren is 'n relatiewe nuwe sport by Hoërskool Florida, daarom nooi ons graag elke Florrie uit om aan hierdie pret aktiwiteit deel te neem.

Ons neem deel aan die Gautengliga asook verskeie sosiale wedrenne, wat spangees bou en ons span op ‘n sosiale manier ontwikkel.  Daar sal ook een wegbreek naweek wees om na uit te sien, waar ons Florries leer van kamp, Florrie-wees en fietsry.

So stof jou fiets af, maak seker daar is pleisters in die huis en word deel van ons avontuurlustige span.

TOPPRESTASIES:

2009: Nasionale Spankompetisie vir skole - Hoërskool Florida - 1ste Plek


Afrigters, Organiseerders & Oefentye

  • Afrigter & Organiseerder:
    • H Steyn
  • Oefentye
    • Woensdae 15:30

Byeenkomste

 


Uitslae

 


Prestasies