Back to All Events

Hoërskool Florida Golfdag – 2019

  • Krugersdorp Golf Club (map)

Beste Gholfspeler

Aangeheg vind u al die besonderhede rakende ons skool se Gholfdag wat op Vrydag 13 September 2019 om 10:30 by die Krugersdorp Gholfbaan sal plaasvind. U het alreeds u uitnodiging per epos ontvang.

Kan u asb so spoedig moontlik u speelgelde vir u vierbal in die skool se rekening inbetaal. (Rekening van skool aangeheg aan die epos). Stuur dringend die bewys van betaling vir ons. U sal na ons u epos ontvang het vir bewys van betaling die finale reëlings aangaande die dag ontvang. Ons nooi alle oud Florries en vriende van Hoërskool Florida na ons jaarlikse Gholfdag. Maak die datum vas en kom geniet weer ‘n dag saam met oud skoolvriende.

Kom en geniet ‘n heerlike dag op die gholfbaan en kuier lekker saam. Kom wees asseblief deel van hierdie gewilde dag.

Hoop regtig om u almal te kan ontvang en lekker saam te kuier.

PLEK

Krugersdorp Gholfbaan

DATUM

Vrydag 13 September 2019

AFSLAAN TYD

“Shotgun Start” vanaf 11:00

FORMAAT

“Betterball Stableford”

KOSTES PER VIERBAL

R2500

Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning.

Indien u nie die dag gaan meemaak nie kan u ons ook asb laat weet.

 Gholfgroete. 

Ronnie Wise

Earlier Event: July 26
Folrrie Idols