Wiskunde Magic

Wiskunde Magic

Hoërskool Florida leerder Ethan Kirstein Gr 9 het op 28 Julie 2018 aan die 12de Nasionale Kampioenskappe vir Abakus wiskunde deelgeneem waar hy Gauteng verteenwoording het.  Ethan het sy Gauteng kleure in Mei 2018 verwerf. Ethan het ‘n “Champion of Champions” trofee (eerste plek) ontvang en is vir die 9de agtereenvolgende keer gekies om Suid-Afrika te verteenwoording by die Internasionale kompetisie in Malaysia in Desember 2018.  Baie geluk!

Read More

Baie geluk aan ons nuutverkose Beheerliggaam

Baie geluk aan ons nuutverkose Beheerliggaam

Groot dank aan alle ouers wat hierdie baie belangrike verkiesing bygewoon en verseker het dat ons ʼn kworum was.  Die nuutverkose ouerlede mee. Tersia Volschenk, Katrina Steyn, Mariza Labuschagne en mnre. Neil van Jaarsveld, Leon Jansen, Ben Abeln, Albert Barnes, Eddie van Staden en Attie Bekker word baie sterkte toegewens met u dienstermyn en ons vertrou dat alle rolspelers lekker gaan saamwerk.  Geluk aan die opvoederlede mnr. Koos Jansen van Vuuren, mee. Lina le Roux, Audrey Roets en nie-opvoederlid, me. Elke Jansen.  Mag u toesien dat alle ouers, leerders en onderwysers se belange te alle tye prioriteit geniet.  Baie sterkte aan elkeen van u. 

Read More

Graad 8 Konsert 2018

Florries Prestasies vereer by Distrik Gala Aand

Florries Prestasies vereer by Distrik Gala Aand

DISTRIKSPRYSUITDELING:

 Baie, baie geluk Florries!  100% slaagsyfer, 241 onderskeidings. 

Hoërskool Florida het uitstekend presteer, en ontvang die volgende toekennings:

 

  1. Top School Award” gebaseer op slaagsyfer, vir al die skole wat as “Town Schools” geklassifiseer word. 
  2. Die “Excellence Award” gebaseer op die gehalte uitslae van die “Town Schools”.
  3. Die algehele beste prestasie “Overall Excellence School” gebaseer op alle kriteria.
Read More

Uit Die Hoof Se Kantoor

Uit Die Hoof Se Kantoor

NUWEJAARSBOODSKAP VAN DIE HOOF

Baie welkom terug aan alle Forrie-leerders, onderwysers, bestuurslede, administratiewe- en terreinpersoneel, skoolbeheerliggaam en ouers.

‘n Besondere woord van welkom aan ons nuwe graad 8 leerders en hul ouers.  Ons vertrou dat almal heerlik uitgerus en opgewonde is oor 2018.

Florries onthou om die beste jy te wees wat jy kan, want middelmatigheid in vandag se lewe is bloot nie meer goed genoeg nie. Onthou om elke dag te glimlag, want jy lewe – leef elke dag doelgerig en voluit!  Wees dankbaar vir groot genade!

Die grootste uitdaging vandag is om waardegedrewe te leef.  Vriendelikheid, eerlikheid, opregtheid, verdraagsaamheid, liefde vir ander, eerbied en respek is nie onderhandelbaar nie – dit is wat ‘n ware Florrie doen.

Read More

Florries 2017 se Uitblinkers

Florries 2017 se Uitblinkers

FLORRIES SE NEL-TWEELING SLIMSTES ONDER DIE SLIMMES... en 100% slaagsyfer vir Florries se Graad 12`s !

Hoërskool Florida se hoof mnr Julius Katzke, die personeel en al die Florries loop breë bors rond na die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen se uitslae bekend gemaak is.

Nie net spog die Florries met `n 100 %- slaagsyfer nie , maar die Graad 12`s van 2017 het ook `n volle 241 onderskeidings ingepalm.

Stéfan Nel, Melanie Nel, Christo Theron, Anja Schoeman en Gustav Grobler  het elk 8 onderskeidings behaal.Marikus Leibrandt het 7 onderskeidings behaal, Melissa van Eeden en Jeandré Viloen het 6 onderskeidings behaal terwyl Cleo Ferreira, Jeanne Fourie, Chantel le Roux, Shaun de Villiers en Choki Mogotlane elk 5 onderskeidings behaal het.

Read More