Netbal

Inleiding

Hoërskool Florida het in 2012 die netbalbane en klubhuis opgekikker.  Ons spog ook met Di Woolley  (die Nasionale President van SA Skole netbal) en 5 Nasionaal- en 10 provinsiaal gegradeerde afrigters. 

Drie van ons personeellede is vir die afgelope twee jaar afrigters vir die Gauteng streek en in 2013 lewer ons skoolspanne vier Gauteng spelers en twee nasionale spelers op.

Eerste-Netbalspan

Jaarliks neem Hoërskool Florida deelaan die TUKS-sportreeks.  Hierdie jaar het die Eerste-netbalspan hulle groepwedstryde afgeskop deur vir Marais Viljoen in Alberton te klop.  Die volgende week ontmoet hulle vir Hoërskool Nelspruit en maak skoon skip met hulle.  Daarna loop hulle vas teen Hoërskool Garsfontein, maar eindig nogsteeds tweede in hulle groep en dring deur na die top 8 van die kompetisie. 

In die Uitspele om te bepaal wie speel uit vir posisie een tot vier is Transvalia die Eerstes se teenstanders.  Hoërskool Florida se span speel puik onder baie druk van die skare en klop vir Transvalia met 2 doele om deur te dring na die Top 4. 

Hulle gedugte teenstanders in die semi-finaal is HTS Middelburg, maar die dogters speel vinnig af met hulle en wen 24 – 14.  Hulle opponent vir die finaal is weereens Hoërskool Garsfontein.  ‘n Klipharde wedstryd waar albei spanne sports man gees en ongelooflike karakter getoon het is na die vier kwarte gelykop.  Daar sal ekstratyd gespeel moet word…na hierdie ekstratyd is die telling nog maals gelyk op 17 – 17.  Daar word ‘n “sudden death” rondte gespeel waar die eerstespan wat ‘n doel aantekening wen.  Na 3 minute se spel doel Garsfontein se hulpdoel die bal in en Florries verloor ‘n titaniese stryd. 

Nog maals het ons dogters hulle staal gewys en loop weg met ‘n silwermedalje.  Pragtig dogters! Julle is waarlik Florrie Fantasties!

 

TOPPRESTEERDERS 2018:

Dogters wat Woensdag 21 Maart Gauteng Netbal proewe speel by EG Jansen:

o/14                                       o/15                                       o/16

Brittnay Henkerman       Tiffany Grootboom         Megan-Leigh Botha

Raquel Njela                       Kristi Lampbrecht            Kaylin Coetzee

Xanthé Erasmus                Shanique Volschenk      

o/17                                       o/18

Clarice Peens                     Tarryne Cloete

Rioné Pelser                       Andiswa Dlamini

Kirsten Schonken

Danielle Beneke

Claudia Aggenbacht

Nicole Barry

Charlize Campbell

Die volgende leerders is in die Gauteng Netbalspanne 2018:

Raquel Njela  (o/14)                                        Kristi Lamprecht  (o/15)

Xanthé Erasmus  (o/14)                                 Tiffany Grootboom  (o/15)

Kirsten Schonken  (o/17)                               Claudia Aggenbacht  (o/17)

Nicole Barry  (o/17)                                         Tarryn Cloete  (o/18)

Andiswa Dlamini  (o/17)


Afrigters, Organiseerders & Oefentye

  • Afrigters:
    • O/14 A:  E Bekker
    • O/14 B: M Janse van Rensburg
    • O/14 C: M Bezuidenhout
    • O/15 A: C Hanekom en N Deysel
    • O/15 B: K Schonken
    • O/15 C: M van der Westhuizen
    • O/16A: S Schlebusch en K Scheepers
    • O/16B: S Schlebusch en K Scheepers
    • O/16 C: J Boshoff
    • O/17 A: L Moll
    • O/17 B: L Moll
    • 2de Span: A Theron en S Venter
    • 1ste Span: A Theron en S Venter
  • Organiseerders: S Schlebusch en S Venter

  • Verversings: AM Kruger en M Vorster

  • Oefentye:

    • 0/14 A-C:   Ma, Di en Do (16:00 - 18:00)
    • 0/15 A-C: Di en Do (14:15 - 16:00)
    • 0/16 A-C: Di en Do (14:15 - 16:00)
    • 0/17 A-B: Ma, Wo en Do (14:15 - 16:00)
    • 2de en 3de spanne: Ma, Di en Do (16:00 - 18:00)
    • 1ste span: Ma, Di en Do   16:00-18:00

Prestasies

 

Uitslae

 

Wedstryde


Prestasies 2014:

Foto VLNR: Mnr Schutte(Hoof), Anzel Harmse, Danita Kruger, Christine van Rensburg, Unelle Snyman, Nicole le Roux, Anri Hattingh en Rochelè Kirstin. Voor: Shandi du Plessis, Chanty Strydom en Joanè Dreyer.

Die 1ste span Netbal van Hoërskool Florida het die afgelope naweek aan die SA Skole Kampioenskappe deelgeneem by H/S Dr EG Jansen: Hulle het 7 wedstryde gespeel en 4 gewen; 1 gelykop en 2 verloor. Unelle Snyman & Danita Kruger is by die “All Ages” in die TOP 35 ingesluit in SA.

Daarmee spog ons graag met die volgende leerders en personeel wat puik presteer het gedurende 2013:

  • Marishea Schoeman - 0/18 Gauteng span
  • Thaby Simako - 0/18 Gauteng span
  • Danita Kruger - 0/18 Gauteng span
  • Unelle Snyman -  0/17 Gauteng span, 0/17 SA span
  • Elfrieda Wheeler - 0/18 Gauteng span, 0/18 SA span

Die 0/17 Netbalspan, onder afrigting van Me A Harmse, eindig vierde by die SA Kampioenskappe. Zhandre Kruger (oud-Florrie)  PUKKE 1ste span, 0/21 SA Span.