Oorsig

16684291_10208744454595792_7380803229366906248_n.jpg

TOPPRESTASIES:

Hoërskool Florida spog met ‘n wye verskeidenheid sportsoorte, onder andere skaak, muurbal, skyfskiet en bergfiets. Ons beoog om vir elke leerder ‘n geleentheid te gee om hulle talente uit te leef in die sportsoort van hulle keuse. Ons is veelsydig, doelgerig en dinamies op sportgebied en streef altyd daarna om in alle areas te verbeter.

Ons maak dit ons missie om, deur die voorsiening van sportaktiwiteite, by te dra tot die holistiese ontwikkeling en opvoeding van ons leerders, ouers en gemeenskap. Hoërskool Florida streef daarna om voortdurend vernuwend en kreatief te wees om sodoende te verbeter; om deur puik prestasies op ‘n natuurlike wyse leerders te werf; en om ‘n professionele sportkultuur by die skool en ons leerders te vestig.