Matriek 2015 Uitslae

Geluk aan die matrieks van 2015 met die volgende uitslae. Aantal A's - 291. 10 Vakke met 'n gemiddeld van 65% en hoër. Dramatiese Kunste met die BESTE gemiddeld van 79.8%.

9 A's

Amorè Grobler

 
 

5 A's

Arno Kruger, Jacques Pieterse, Armandie Joubert, Milano Moolman, Monique Thorn en Francis van Niekerk

 
 

8 A's

Brendan Jansen, Austin Labuschagne en Christina Margetts

7 A's

Cathy Doyle, Mauritz Bonnet en Monique Griffiths

 


6 A's

Theuns Bonnet, Ciska Botha, Wilenchia Scheepers en Zanrè Swanepoel.

Geluk aan die volgende leerders met die BESTE prestasie in hul vakgebied in die D12 Distrik: 

  • Sindi-Marie de Beer 
  • Schalk Burger 
  • Amorè Grobler 
  • Vanessa Kennedy 
  • Brendan Jansen 
  • Lumar Kirstein 
  • Austin Labuschange 
  • Divan van Wyk 
  • Monique Thorn

Mnr & Mej Florida 2014

Senior Wenners

 

 VLNR – MARC BOTHA (2DE PRINS), RICCO DE LANGE (WENNER), CHRISTIAAN THERON ( 1STE PRINS)

VLNR – MARC BOTHA (2DE PRINS), RICCO DE LANGE (WENNER), CHRISTIAAN THERON ( 1STE PRINS)

 VLNR – MICHAELA BOTHA (2DE PRINSES), CILENE SWANEPOEL (WENNER), BERNELEE J.V RENSBURG (1STE PRINSES)

VLNR – MICHAELA BOTHA (2DE PRINSES), CILENE SWANEPOEL (WENNER), BERNELEE J.V RENSBURG (1STE PRINSES)

Junior Wenners

 VLNR - NICOLE LIEBENBERG (2DE PRINSES), ELINDI BEZUIDENHOUT (WENNER), MICHELLE MOOLMAN (2DE PRINSES)

VLNR - NICOLE LIEBENBERG (2DE PRINSES), ELINDI BEZUIDENHOUT (WENNER), MICHELLE MOOLMAN (2DE PRINSES)

 VLNR - JP DE JAGER (2DE PRINS), ROAN GONSALVES ( WENNER), DECLAN ROBERTSON (1STE PRINS)

VLNR - JP DE JAGER (2DE PRINS), ROAN GONSALVES ( WENNER), DECLAN ROBERTSON (1STE PRINS)

Netbal Nuus

Jaarliks neem Hoërskool Florida deelaan die TUKS-sportreeks.  Hierdie jaar het die Eerste-netbalspan hulle groepwedstryde afgeskop deur vir Marais Viljoen in Alberton te klop.  Die volgende week ontmoet hulle vir Hoërskool Nelspruit en maak skoon skip met hulle.  Daarna loop hulle vas teen Hoërskool Garsfontein, maar eindig nogsteeds tweede in hulle groep en dring deur na die top 8 van die kompetisie.  

In die Uitspele om te bepaal wie speel uit vir posisie een tot vier is Transvalia die Eerstes se teenstanders.  Hoërskool Florida se span speel puik onder baie druk van die skare en klop vir Transvalia met 2 doele om deur te dring na die Top 4.  

Hulle gedugte teenstanders in die semi-finaal is HTS Middelburg, maar die dogters speel vinnig af met hulle en wen 24 – 14.  Hulle opponent vir die finaal is weereens Hoërskool Garsfontein.  ‘n Klipharde wedstryd waar albei spanne sports man gees en ongelooflike karakter getoon het is na die vier kwarte gelykop.  Daar sal ekstratyd gespeel moet word…na hierdie ekstratyd is die telling nog maals gelyk op 17 – 17.  Daar word ‘n “sudden death” rondte gespeel waar die eerstespan wat ‘n doel aantekening wen.  Na 3 minute se spel doel Garsfontein se hulpdoel die bal in en Florries verloor ‘n titaniese stryd.  

Nog maals het ons dogters hulle staal gewys en loop weg met ‘n silwermedalje.  Pragtig dogters! Julle is waarlik Florrie Fantasties!